En toe blog ek… Weird.

Ek was nog nooit juis die tipe om ‘n ding te doen net omdat ander dit as cool klassifiseer nie.  As geswore stroomopswemmer en groepsdrukweerstandige was ek nog altyd eerder ‘n bietjie boring as populêr vir die verkeerde redes.  Blogging is deesdae ‘n buzz word en iets wat meer en meer alombekend word – allie cool kidz doen’it!  En ek’s mos nie cool nie…😉

Daarmee saam is ek nog van nature effens sinies ook, èn ‘n oordinker, so ek is geneig om eers lank oor iets te tob voordat ek daaroor besluit.

As goeie, Afrikaanse, Christen dame is ek ook altyd geleer om nie onnodiglik oor myself te spog nie, want niemand hou van ‘n snob nie (en netnou dink mense ek probeer spoggerig wees – haha).  Wel, hier is dit nou:  ‘n Hele internetplasie vir my persoonlike gedagtes om op te wei… How pretentious!

Oeps.

Maar ek’t nie hierdie blog geskep om my eie beuel te blaas nie.  Dis nie asof ek ‘n skare adoring fans het en al ‘n nuwe vleuel in my mansion moes aanbou om my fan mail in te bêre nie… Please!  Ek’s net ‘n gewone meisie van die ‘Bosch, met gewone issues en lukrake gedagtes.

Wat ek wel het, is ‘n groot bek (jammer, mams).  Kom ek wees eerlik, I have an opinion and I’m not afraid to use it.  Die lewe en al sy nuanses fassineer my; veral die meer “ongekunstelde” kant van die spektrum.  Ek sien elke dag iets wat my wil laat giggel of grens, en gewoonlik deel ek dit op Facebook, maar daar’s te min spasie in Status Updates (en te veel mense wat ek dalk eerder nie elke liewe gedagte mee wil deel nie).  So, nou nooi ek elkeen wat genoeg omgee om dit hier te kom lees.

Ek geniet dit om te skryf, veral na etlike jare waarin ek eerder ander mense se skryfwerk moes redigeer as om ooit ‘n oorspronklike gedagte neer te pen.  Ek geniet dit om woorde aanmekaar te string, om die regte woord met sy perfekte pasmaats te kombineer.  Dis nie scrapbooking  of naaldwerk nie, maar dis my craft.  My nis.

En selfs al lees geen enkele siel (behalwe my ma) wat ek hier kwytraak nie, gaan ek aanhou skryf.  Dis my terapie (en baie beter vir my selluliet as die sjokolade wat ek gewoonlik myself mee dokter)!

As jy wel hier lees (dalk is jy tans onhebbelik verveeld, wie weet?) en hou van wat jy sien, los asseblief vir my kommentaar.  Dit sal holderstebolderbelaglikfantasties(!) wees as iemand actually my blog volg.  Want andersins, wat’s die punt?

Ek noem myself veel eerder so in die stilligheid ‘n blogger as ‘n diarist ;)

 

2 thoughts on “En toe blog ek… Weird.

Leave a reply to this post

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s