Om te blog is nie ‘n grap nie

Toe ek besluit het om ‘n blog te begin, was my doelwit om sommer net nou en dan gedagtes te deel oor interessante gebeurtenisse wat my fassineer, veral as dit kom by die tale waarmee ek myself op ‘n daaglikse basis besig hou.  Ek wou soms grappies maak en soms sarkasties wees en hoop om nog daarby ook uit te kom, maar in die tussentyd het my fokus ietwat verander.

Ek het verlede jaar laas enigiets hier geskryf en mis dit nogal, maar ek het dit vermy omdat ek nie sommer maar net iets wou skryf omdat ek verplig voel nie.  Ek wou regtig “iets” sê.

Ek besef nou dat hierdie nie meer net vir my ‘n humoristiese uitlaatklep gaan wees nie, want dit word elke keer meer my seepkissie, in die mees “rebelse” sin van die woord.  My laaste artikel het ‘n paar wenkbroue laat lig (aan beide kante van die opinie-spektrum) en hier en daar nog iemand hierheen gelok, maar my mikpunt is nie populariteit nie – dis integriteit.  Dis ‘n selfgesentreerde behoefte om myself uit te druk, en ek het immers meer as net een dimensie van menswees om te deel.

So, ek sal aanhou skryf wanneer ek nie anders kan nie – as iets my genoeg inspireer/frustreer/fassineer/irriteer om daaroor my opinie te lug.  Elke dan en wan.  Wie weet?  Dis nou eers Dinsdag😉

Leave a reply to this post

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s