Ons is hier

Na my oomblik van moedelose pessimisme vroeër die week, is my hoop in ons nasie weer ten volle terug na die vlak wat dit was.  Die rede: Die ongelooflike passie, optimisme en energie wat ons landgenote inspan om hierdie plek te laat werk.  Ek is geïnspireer deur elkeen se kommentaar, hetsy dit op Facebook, Twitter, hierdie blog of sommer telefonies was – daar IS nog mense wat soos ek glo in die toekoms en krag van ons nasie, politici nieteenstaande!

Een van die mees betekenisvolle oomblikke, het ek deur my man op Twitter beleef.  Hy het ‘n “trend” begin met die “hash tag” #Onsishier, wat ‘n hele paar van ons onderskeie kennisse geïnspireer het om die dinge te deel waarvoor hulle lief is in ons land.

Daar is diep dinge, soos @DanniTwiet wat ons land se diverse kulture waardeer en @jacquesbornman wat genoem het dat vergifnis sterker was as wraak in 1994.  En daar was ook ‘n paar ligter oomblikke wat my ewe veel aangeraak het: @sagirl24 is lief vir Spur, koeksisters, braai en Noot vir Noot, terwyl @YolandaMaartens gespog het dat dit net in ons land is waar die president sing in sy “speeches”!

As jy lus is om saam te gesels, volg my op Twitter as @JuanliT, of lê jou inspirerende eiertjie (diep of andersins) met #Onsishier.  Kom ons begin ‘n nuwe kultuur, waar ons die positiewe aspekte van die hede en die potensiaal van die toekoms vier, eerder as om net op die negatiwiteit van die verlede te fokus.

Wie weet, dalk maak ons geskiedenis!

Leave a reply to this post

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s